WAT DIT BETEKEN OM 'N LIDMAAT

VAN PRETORIA-OOS GEMEENTE TE WEES

ONS VISIE
Ons gemeente skep ruimtes vir mense in hulle diversiteit waar hulle (saam)... God kan ontmoet, tot egte aanbidding van God kan kom en Hom in die wêreld kan dien, sodat die lewe in oorvloed kan deurbreek.

Kliek hieronder vir meer inligting onder elke skakel:

  • Na bo
    Ons smag na groei en verdieping in ons verhouding met God.
  • Na binne
    Ons strewe na effektiewe bediening in en deur die gemeente.
  • Na buite
    Ons droom van heelheid van mense sodat God se “vrede” vir hulle kan deurbreek.

  • ‘n keuse wat ek maak om my Christenskap en roeping in hierdie gemeente uit te leef,
  • 'n verbintenis wat ek maak om betrokke te wees in die gemeente en
  • om my diensbaarheid aan die Here in die gemeente en in ons gemeenskap uit te leef.

  • om as gelowiges en as gemeente in die krag van die Gees werklik ‘n verskil te maak in die samelewing waarin die Here ons geplaas het, sowel persoonlik as gesamentlik.

  • Om die eenheid van die kerk te beskerm
  • Dat ons deel in die verantwoordelikheid van die kerk
  • Om diensbaar te wees in die bediening van ons gemeente
  • Om die getuienis van die kerk in die wêreld ondersteun
3. Woman_sitting.jpg Young female in church. Church female, Church in pretoria.

Ons verstaan dat dit ons antwoord is op God wat ons syne gemaak het in Jesus Christus en dit aan ons bevestig het met ons doop. Ons verstaan ook dat om lidmaat van die kerk van Christus te wees sekere verantwoordelikhede op ons plaas.

Die jaartema vir 2025 is:

Hoe kan ons jou help...

Die bedoeling van die tema is om raak te sien hoe God besig is om ons elke dag te help op soveel verskillende maniere.  Dit maak dat ons as kerk van Christus ook bereid moet wees om mekaar en die mense om die kerk te help.  Natuurlik kan ons nie almal help op die maniere wat hulle dink hulle nodig het nie, maar ons kan mense veral help in hulle verhouding met God en hulle geloof.  Mense het hulp nodig op soveel maniere en God wil deur sy Woord en deur die Liggaam van Christus (die kerk) daardie hulp aan die wêreld gee.

En daarom vra ons ook vir jou:  Hoe kan ons jou help... in jou verhouding met God, in jou gebedslewe, in jou navolging van Christus, in die uitvoering van jou (groot)ouerskap, in die hantering van jou finansies, in jou huwelik en ander verhoudings? 

 
 

WAT GEBEUR SONDAE?

2. Family_Lineart.png

IN DIE EREDIENS

Die erediens staan sentraal in die bediening van die gemeente. Die aanbidding van God in die erediens is die hartklop waar alles begin en waartoe alles heen oploop.

 

Jy kan dié Zapper-kode
gebruik om deurkollekte te gee:

  • Eredienste om 09:00 (Kerk elke Sondag AANLYN)

  • Kategese om 10:00-10:45 (Elke Sondag behalwe langnaweke en skoolvakansies)

  • Kinderkerk 09:00-10:00 (Maandeliks aanlyn / in die kerksaal)

Kyk gerus na die eredienste se lewendige uitsending op ons Youtube-kanaal by Pretoria-Oos Gemeente. Die dienste kan enige tyd afgelaai en gekyk word.

5. Zapper.jpg

 

OORDENKING

Hou van ons Facebook-blad by Pretoria-Oos NHK Gemeente of www.facebook.com/pretoriaoosnhk/ of @pretoriaoosNHK en bly op hoogte van gemeentenuus. Jy kan ook ‘n daaglikse oordenking daar lees.

Aanlyn Eredienste

KLIEK VIR DIE NUUTSE UITSENDING

LERAARS

 
 

Ds. RUE HOPLEY
E-pos:
rue@pretoriaoos.com Tel: 079 502 1990


Ds. HANNES VAN DER MERWE
E-pos:
hannes@pretoriaoos.com Tel: 082 575 1979