"WAAR SIT JY?" Ds. Iwana Kruger

In hierdie besondere erediens word jy hartlik genooi om aan te sit by God se koninklike tafel — ’n feesmaal waar elkeen van ons ’n plek het. 🌿
Deur Skrif, liedere en gebed word ons herinner aan God se groot genade en sy uitnodiging om met oop harte te leef — om gasvry te wees soos Hy gasvry is, en om ons plek in sy koninkryk met vreugde in te neem.

Luister saam en ervaar die vrede, nederigheid en dankbaarheid van ’n God wat vir jou sê:
“Kom sit — daar’s ’n stoel vir jou.” ✨

🎵 Met bekende liedere soos Wees stil en weet: Ek is die Heer en Hoe groot is U, en ’n kragtige boodskap uit Lukas 14.

Read More