ONS FOKUS VIR 2024 IS:

Die onpeilbare rykdom van Christus

Navorsing (en Bybelse getuienis) wys dat florerende gemeentes is gemeentes wie se bediening sentreer rondom daaglikse dissipelskap van lidmate.  Lidmate moet begelei en geleer word om self in hulle eie lewe die lewe te doen soos wat Jesus die lewe gedoen het, om so aan die “rykdom van Christus” in hulle eie lewe gestalte te gee. 

Ons gemeente se eredienste / Bybelstudies / byeenkomste / oordenkings / besoeke moet as doelwit hê om mense te help in hulle eie proses van dissipel van Jesus Christus wees.

Die bereidheid van gelowiges om telkens die “volgende tree” in hulle geloof te gee moet ‘n intensionele en gedrewe proses wees – waar en op watter manier iemand ook al blootgestel word aan die bediening van die gemeente.


centered image centered image
Ons leef daagliks in ‘n diepe verbintenis met God. Ons leef daaglikse in dieper verbintenis en gasvryheid met elkeen wat ons pad kruis. Ons leef met deernis vir die nood van ander.
Die beeld van die kragprop herinner ons om aan God verbind te bly. Hande-vat is vir ons ‘n simbool hiervan. Die beeld van ‘n sambreel herinner ons om skadu te bied waar ander tuis kan kom.
centered image centered image
Ons leef as rentmeesters met alles wat die Here aan ons toevertrou. Ons leef met oorgawe met die gawes en talente wat ons ontvang het.
Ons leef as rentmeesters met alles wat die Here aan ons toevertrou. Ons leer om ons te identifiseer met die dienskneg-gestalte wat Jesus geopenbaar het. Die legkaartstuk is vir ons ‘n herinnering dat ons iewers inpas in God se plan en Koninkryk.

HOE WORD EK VERSORG?

DIE PREDIKANTE

Al die predikante beskou dit as een van hulle primêre take om lidmate wat deur moeilike tye gaan emosioneel en geestelik te ondersteun. Ons is mede-gelowiges op jou pad met die Here. Geen gemeente kan ooit te groot wees daarvoor nie. Geen predikant is ooit te besig daarvoor nie.

Kontak ons gerus vir ‘n afspraak.

PASTORALE KANTOOR

Indien jy ‘n behoefte het met ‘n gekwalifiseerde berader stuur ‘n epos aan Gerda by gerdavdm2@gmail.com wat ‘n afspraak sal reël.

BESOEKE AAN SENIOR LIDMATE

Dis is vir ons gemeente belangrik dat senior lidmate sal ervaar dat hulle ‘n spesiale plek in die gemeente het - en dat die Here hulle op baie maniere in sy diens roep en gebruik. Die predikante en diakens besoek ons senior lidmate (in aftree-oorde sowel as wyke) graag.

  • Kontak asb. die kantoor met vrymoedigheid wanneer jy behoefte het aan ‘n gesprek, besoek of gebed.

  • Dankie aan so baie senior lidmate wat deur hulle voorbidding en deelname ‘n onmisbare rol speel in die bediening en aksies in die gemeente.

11. Hoe_versorg_ons_vir_mekaar.jpg

HOE VERSORG ONS MEKAAR?

Dis vir die gemeente belangrik om geleenthede te skep om na mekaar toe uit te reik in tye van swaar en seer. Ons wil mense begelei tot heelheid op die volgende maniere:

Caritas (insluitende Vroue- en Manne-in-Nood) waar deernis betoon word aan mense wat trauma beleef of deur moeilike tye gaan.

Ondersteuning aan weduwees en persone met spesiale behoeftes.

Pastorale kantoor hanteer deur o.a. dr. Christo van der Merwe en Elna Esterhuizen. (Kontak die Gemeentebestuurder vir ‘n afspraak)

Siekebesoek tuis en in hospitale.

Krisispastoraat soos mense dit benodig.

Ondersteuningsgroep vir mense wat met demensie moet saamleef.

As jy op enige manier hulp benodig stuur ‘n e-pos deur hier te kliek

HOE WORD EK TOEGERUS?

want niemand moet ooit ophou groei nie...

BYBELSTUDIES

As geestelike groei vir jou belangrik is, is die Bybelstudies in die gemeente ‘n onontbeerlike geleentheid. Daar is drie georganiseerde Bybelstudiegroepe waarby jy kan inskakel:

Maandae-aande aanlyn om 18:30 (Aangebied deur ds. Rue)
Dinsdae-aande in-persoon om 18:30 (Aangebied deur ds. Hannes)
Woensdae-oggende in-persoon om 09:00 (Aangebied deur ds. Hannes)
Dinsdae-aande om 19:00 vir die jonger generasie (Aangebied deur ds. Rue

Bybelstudie kan nou via Youtube gevolg word! U kan ook die vraelys aflaai en saam notas maak deur die aangehegde skakel te volg onder aan die video.

COMMUNITAS - JONG VOLWASSENES

Communitas beteken ‘gemeenskap’, Dit is vir ons belangrik om geleenthede van gemeenskap vir ons jong-volwassenes te skep. Communitas het drie bene:

  • Weeklikse Bybelstudies

  • Kwartaallikse uitreike

  • Staptoere en sosiale geleenthede

Kontak ds. Rue by 079 502 1990 / rue@pretoriaoos.com indien jy wil deel word van hierdie besondere groep jongmense.

12. Hoe_word_ek_toegerus.jpg

NUUT: AANLYN-BYBELSTUDIE!

Welkom by ons aanlyn-Bybelstudie!
Skakel in Woensdae om 09:00 en wees deel van hierdie groeigeleentheid.
Of volg gerus die skakel hier onder om die vorige Bybelstudies te kyk.



“Omring jouself met mense wat lus het vir die lewe, mense wat jou hart raak, asook jou siel voed”

Nuwe-Jy byeenkomste

As uitvoering van die visie wil die NUWE-JY gedurende 2022 vir dames en mans die geleentheid gee om een maal per maand die geestelike dissipline van stap te beoefen.
Die doel is om op so manier die lewenshouding van ‘n pelgrim by mense in te oefen as ‘n vorm van aanbidding.

Stappers vetrek om 08:00
15 Maart | 19 April | 17 Mei | 21 Junie | 19 Julie | 16 Augustus | 20 Spetember | 18 Oktober | 15 November

Damesbyeenkomste
Byeenkomste vir vroue waar ons na ‘n spreker luister en so inspirasie vind vir ons geloofslewe. Dit vind plaas by die kerk of digital.
Vir datums en meer inligting stuur gerus ‘n epos aan Gerda van der Merwe. gerdavdm2@gmail.com

Machteld Postmus-besoeke
Die vroue van Pretoria-Oos gemeente is voogde vir Machteld Postmus behuisingskompleks daarom reël ons graag kuiergeleenthede by die inwoners. Bets van Niekerk bets.econogroup@africa.co.za

Mentorspan
Hierdie groep dames het ten doel om nuwe dames in ons gemeente welkom te heet en hul uit te nooi en te vergesel na damesbyeenkomste en ook aan ander vroue voor te stel. Patrys du Preez patricia@piergroup.co.za

Vroue in nood
Ons wil die liefde van Christus wys aan veral vroue wat in een of ander vorm van nood verkeer. Indien jy sodanige ondersteuning nodig het kontak die kantoor by 012 460 8441. Coba Verster of Gerda van der Merwe sal u terug skakel.

Caritas
Caritas het ten doel om mense in die gemeente wat trauma beleef, met spontane onderlinge sorg te bedien as deel van ons fokus op heelwording in mense se lewens. Stuur gerus ‘n epos aan Gerda van der Merwe na die volgende epos gerdavdm2@gmail.com as ons u kan ondersteun.

AS VROUE IN DIE KERK IS DAAR SAKE WAT VIR ONS BELANGRIK IS

Ons wil

...vroue vanuit die Bybel bemagtig vir haar rol in die wêreld.
...die liefde van Christus wys aan mense wat in nood verkeer.
...weer stil raak by die voete van Jesus.
...die meeste maak van elke oomblik wat God vir ons gee.
...en lewenslank in ons geloof bly groei en verdiep.
...gehoorsaam in die voetspore van Jesus volg en vir Hom sê: Hier is ek Here! Gebruik my…!
...God se uitnodiging aanneem om ons las vir Hom te gee sodat ons by Hom rus en tevredenheid kan vind.
...Die gemeenskap van die gelowiges beleef.

As vroue in die kerk is daar sake wat vir ons belangrik is:

3. Group_lineart.png

Emeritus-predikantsvroue
Ons wys omgee aan hierdie dames wat hulle lewe in die kerk gewy het. Adri Oosthuizen is die verantwoordelike persoon. a3rautenbach@gmail.com

Weduwee-ondersteuningsgroep
Ons bied bystand en ondersteuning aan weduwees in die gemeente hul rouproses. Dames wat ondersteuning bied is Bets van Niekerk bets.econogroup@africa.co.za, Adri Oosthuizen a3rautenbach@gmail.com en Susan Kotze susan.kotze@gmail.com

Kuier Kreatief
Die bedoeling van die groep is om dames wie tuis hulle kreatiwiteit beoefen die geleentheid te bied om dit in ‘n veilige en geborge gemeenskap van gelowiges te beoefen Hierdie groep kuier kreatief saam by die kerk of met digitale byeenkomste. Indien u graag by hierdie groep wil inskakel kan u kontak maak met Susan Kotze by 012 460 8441

Gasvryheidskomitee
Die gasvryheidskomitee is ‘n groep positiewe hardwerkende vroue wat regstaan vir funksies by ons gemeente. Elsabè Botha neem by hierdie groep die leiding. Word deel van hierdie komitee. Stuur gerus ‘n epos na elsabe@stepahead.co.za vir meer inligting.


BEDIENINGE

OUDERLINGE - VOORSITTER
Friena Maritz
Tel: 082 471 1825

SKRIBA
Roelf Coertze
Tel: 082 908 3368

JEUGWERKER
Danelle Maritz
Tel: 079 957 5077

APOSTELAAT
Francois de Bruyn
Tel: 012 460 8441

ARMOEDESORG
Hannie Engelbrecht
Tel: 082 860 2253

KINDERSORG
Marli Steenekamp
Tel: 074 044 2486

BEJAARDESORG
Amelia Hattingh
Tel: 012 460 8441

HEELHEIDSENTRUM
Gerda van der Merwe
Tel: 082 681 6723

NHSV - VOORSITTER
Gerda van der Merwe
Tel: 082 681 6723

KATEGESEHOOF
Yolande Kruger
Tel: 083 291 1837

FINANSIËLE KOMMISSIE
Gerhard Kruger
Tel: 012 460 8441

EREDIENSWERKGROEP
Friena Maritz
Tel: 082 471 1825

GEMEENTEBOU
Simon Kotze
Tel: 012 460 8441


15. Hands_lineart.jpg